
Deskundige IT Laaities tot u diens
Seniors
Rekenaardienste vir seniors teen n bekostigbare prys. Hulp is net ‘n oproep weg!
Moenie bekommerd wees nie, IT Laaities staan gereed en wag in die vlerke om u te help. Die internet kan intimiderend wees as u nie daaraan gewoond is nie. Ons IT Laaities het jare se ervaring met IT (PC & Mac) probleme. U kan ontspan met die wete dat u in kundige hande is as ons u tuis besoek .
Ons maak huisoproepe om u te wys hoe u nuwe rekenaars instel, WiFI -netwerkprobleme kan diagnoseer en u selfs kan help om Netflix op te stel. Indien u onseker is oor tegniese aspekte van u internet-konneksie, hanteer ons dit met graagte.
As ‘n besigheid met respek en deernis vir die seniors in ons gemeenskap het ons die opsie van ‘n ekstra 10% afslag, indien u, u pensionaris-kaart toon.
Tuisgebruikers
Seniors
(10% Afslag)
Studente
(10% Afslag)